Thursday, January 31, 2008

Nog 'n paar foto van Picker hulle

Hier is nog 'n paar foto's wat ek by Picker hulle geneem het.
Hier is die huis waarin Picker, Leoni en die kinders bly.
Dit is 'n baie lekker huis. Ek dink hy gaan lekker koud wees in die winter.


Ons het een van die dae 'n nuwe Springbok speler in die familie.

Ons het Saterdag aand tv gekyk. Boeta was so moeg na die rugby wedstryd. Picker het toe vir hom gesê hy sal hom bed toe dra. Dit was nie eers 5 sekondes nie, toe slaap hy.

Die twee het natuurlik by ouma in die kamer geslaap. Die volgende oggend het ons ontdek, dat al die plaas se diere by hulle gaan inkuip het.

Voor ons Sondag gery het, was daar gou tyd om 'n gesins foto te neem.

Wednesday, January 30, 2008

Kuier by Picker hulle op die plaas

Hulle mielies is baie mooi. Alles word afgesny vir kuilvoer. Kyk net, Boeta is 'n regte Boertjie.


Van die beeste wat Picker voer.

Ek het geelperskes saam gevat vir die kinders. Hulle het dit baie geniet.

Tuesday, January 29, 2008

ONS GAAN KUIER WEER.

DIE KLEINKINDERS HET NIE GEWEET ONS KOM NIE
KYK NET HOE BLY IS BOETA HIER OM SY OUPA TE SIEN.

Thursday, January 24, 2008

ONS ANDER KLEINKINDERS

ONS ANDER KLEINKINDERS HET SONDAG OOK KOM KUIER. HULLE HET LEKKER GESPEEL EN OUPA HET NET SWEETS AANGEGEE OM SY VERTROUE TE WEN.

OUPA BURT


WAT KAN N MENS NOU DOEN OP N SATERDAG MIDDAG EN DIT REEN LEKKER BUITE.

Wednesday, January 23, 2008

LJ se doop

Ons was Sondag by klein LJ se doop. Hy is hier in Fochville uit ons kerk uit gedoop.
In die foto is John, Corne en LJ


Hier is die trotse pa.

Die tafels was so mooi versier met die geel en blou. Die blomstander was in die vorm van 'n geel skoentjie.

By elke bord was daar die twee pragtige skoentjies. Ons het baie lekker gekuier en geëet.

Oom Christie se Kabeljou

Oom Christie het ons uitgenooi om Kabeljou te kom eet. Hy het dit vir ons heerlik op die kole gebraai.




Kyk net hoe heerlik lyk dit. Word julle nie ook lus om 'n stukkie te proe nie.


Die onkruid

Met die baie reën is die onkruid besig om oor te neem.





Tuesday, January 22, 2008

Die honde

Kry julle nie ook vir Ounooi jammer nie? Sy is nou al 18 jaar oud (in honde jare is dit so 126 jaar).


Oubaas is baie stout, Oupa Burt het hom die naweek 'n bietjie oop gemaak. Hy het lekker met Flooi en Meisiekind gespeel.


Reën

Ons het so lekker reën gehad. Kyk net hoe pragtig is my blommetjies.


Thursday, January 17, 2008

KUIER SAAM

Ons het so 'n paar eetgoedjie gaan koop en van ons vriende genooi om sommer by die werk Oupa Burt se verjaarsdag te vier.


Wednesday, January 16, 2008

OUPA BURT VERJAAR

OUPA BURT HET SY VERJAARSDAG GEVIER SO TUSSEN DIE WERK DEUR.

Monday, January 14, 2008

MY MAKOU

VOOR VERLEDE JAAR HET EK N BABA MAKOU GROOT GEMAAK. SY HET BEGIN BROEI TOE ONS IN NZ WAS. NOU HET SY VIER KLEINGOED.


EK WIL OOK NOU BAIE DANKIE SE VIR ANNATJIE EN SEBIL WAT MY GELEER HET OM SCRAPBOOKING TE DOEN. DANKIE OOK VIR ANNATJIE SE VOORRAAD WAT ONS KON GEBRUIK HET.

ONS LOOP IEMAND RAAK BY OCEAN BASKET

RAAI WIE LOOP ONS TOE RAAK TOE ONS GESTIEK WORD BY OCEAN BASKET. JOHN, CORNE EN HULLE BABA. HY WORD NOU GROOT EN IS BAIE SOET

OPROEP VAN DS.



PAPPIE HET SO 9 UUR N OPROEP VAN DS. GEKRY. HY HET GEVRA ONS MOET SAAM MET HOM WITBANK TOE RY. BEYERS, SY SEUN, WIL HUIS KOOP EN ONS MOET ONS MENING GEE.
ONS MENING WAS:
DIE HUIS IS BAIE SLEG AFGEWERK MAAR DIE PRYS IS BILLIK.

Friday, January 11, 2008

ONS OORNAG IN PERTH

TOE ONS DIE 5 DE TERUG NA SUID AFRIKA GEVLIEG HET, WAS ONS VLUG VIR 24 UUR OP PERTH LUGHAWE VERTRAAG. DIE LUGREDERY HET ONS IN HOTELLE INGEBOEK. DAAR WAS 160 PASSASIERS EN ALMAL IS IN DIE 4 DE LUUKSTE HOTEL IN DIE WERELD, WAT IN PERTH IS, INGEBOEK. ONS KON DIE NAG MAALTYE BESTEL HET EN DIE VOLGENDE OGGEND ONTBYT IN DIE EETSAAL GENIET HET.

ONS PROBEER WEER


JOHN EN CORNE SE OOGAPPEL

Thursday, January 3, 2008

MOTOR FIETS RIT

Johan wil die heeltyd he ek moet n draai vat met sy motorfiets. Dit het toe gebeur



Huka Falls

The unique blue water is due to the very clean water reflecting blue light. The air bubbles in the water intensify the blue colour.
The water temperature varies from between 22 grade C in the summer to 10.5 grade C in the winter.
The volume of water passing over the falls varies between 32 and 270 cubic metres per second.
Depending on the flow, the falls fluctuate in height from 7 to 9.5 metres.





The Honey Hive

Ons het 'n padstalletjie besoek en baie oulike goedjies gesien.


Ons was twee regte bytjies by die Bee Hive.


Wednesday, January 2, 2008

Kuier in New Zealand

Ons was van die 28ste Nov tot die begin van Jan. by ons kinders in New Zealand.
Ons het die voorreg gehad om na Kersfees 'n bietjie te gaan toer na die Suid Eiland van New Zealand. Al verbintenis wat die twee Eilande met mekaar het is per boot of vliegtuig.
Ons het die vaart mee gemaak op die Interislander vanaf
Wellington na Picton in die Suide.

Daar word tot aflewerings voertuie en motor in die boeg van die cruiser gelaai.
Die vaart neem omgeveer so 3 ure lank.


Voor dat ons by die hawe aan gekom het, net gou 'n foto saam met die kinders.



Ons het lekker geslaap en die volgende oggend in 'n Café in Picton gaan ontbyt eet. Hier het ons 'n groete planter gesien wat ek ook het op die plaas.



Ons het verder suid getoer en by die dorpie Nelson hierdie klip in die see gesien. Hulle beweer die boom op die klip het vanself 6 maande terug self begin groei. Al wat op die klip is, is voël lewe en robbe.


Die kinders het ons bederf met 'n helikopter rit oor die dorpie Nelson.


Ons het na die vlieg rit die katedraal in die midde dorp gaan besoek.


Ons het by 'n restourant die aand gaan eet. Die atmosfeer van die plek was soos 'n seerower boot omskep wat boek dele vertel.



Ons is die volgende oggend met die 1925 Dodge deur die dorp van Nelson.

Die landbou van die Suid Eiland is meestal druiwe en cherries.



Op pad terug huis toe het ons verby Mt. Ruapehu gery.