Monday, March 31, 2008

ONS ANDER KINDERS HET OOK KOM KUIER

KOOS HET VIR ONS N BEESSTERT POTJIE GEMAAK EN WEER VIR SO 16 MENSE KOS GEGEE.

ONS VRIENDE

ons vriende het weer kom kuier en ons het lekker vleisgebraai en gekuier.

VIER KLEIN WOELIGE VURMPIES

ONS HET VERLEDE WEEK VIER KLEINGOED BY ONS GEHAD BY DIE WERK OM HULLE BESIG TE HOU MOES ONS BAIE KEER NEY KOS GEE, HIER HET ONS HULLE VRYDAG N KATKOP GEGEE WAT HULLE N BIETJIE VERSADIG GEHOU HET TOT DIE AAND TOE.

Tuesday, March 25, 2008

ROBINSON TROUE

Sy was 'n baie mooi bruid. Baie trane het gevloei, haar pa is in 'n motor ongeluk oorlede toe sy in matriek was.



Hulle kleure was ook wynrooi. Daar was rosies op haar rok geborduur. Dit het baie mooi gelyk.



Willy was baie braaf voor die diens.

Pasgetroud. Hulle bly in Derby, Willy is nog 'n verkeersman en sy in 'n skoonheidsdeskundige.

Die Robinson familie.

OUPA SE OOGAPPELS

VAUDETTE EN BOETIE BY DIE WERK. HULLE MOET HULLE SELF BESIG HOU. HULLE HET 7 UUR PAP GEEET, 9 UUR WEER BOXIE PAP, EN ELF UUR BROOD EN CHIPS.
GAAN EK HULLE VOL KRY, HULLE LAAT MY BAIE AAN JULLE DINK WAT ALTYD HONGER WAS.
.

DINSDAG OGGEND

WAT N BLOU DINSDAG. DAAR WORD VANOGGEND LINTELS GELAAI OM CARLETONVILLE TOE TE VAT.

Kleinkinders het kom kuier


Oupa en Boeta het gaan kyk of die manne duiwe skiet. Hulle het lekker in die lande gery. Ons is baie geseënd met al die reën.


Die twee het lekker rondgerits die naweek, hulle het na die vlei gaan kyk, want Sondagaand het ons so 30 mm in reën in 5 min gekry. Kyk hoe mooi groen is dit nog hier by ons. Ons neem maaar swaar afskeid van die plaas.

Tuesday, March 18, 2008

Burt se bakkie

Ons kon nie gister gewerk het nie. Dit het kort, kort gereen. Burt besluit toe om te gaan kyk hoe lyk die mielies in die Vrystaat. Hy het toe met 'n behoorlike vuil bakkie by die huis aan gekom. Baie in sy noppies met homself.



DANKBAAR

OOM JANNIE HET MOS VERKOOP. ONS IS NOU HARD BESIG OM TE BOU DAAR. ONS HET VERSKRIKLIK BAIE WERK MAAR MET DIE BAIE REEN GAAN DIT MAAR STADIG.

Sunday, March 16, 2008

BAKKIES, BOETIE, KLEIN BURT VERJAAR

BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG MAG DIE HERE BY JOU WEES DIE HELE JAAR .

Monday, March 10, 2008

Kyk hoe lyk die gesig


Kyk na die gesiggie op 'n Sondag more om nie kerk toe te gaan nie.

Oom Jannie De Wet

Oom Jannie De Wet het sy plaas aan die staat verkoop. Nou het hy agter Losberg weer 'n plaas gekoop. Burt is besig om die huis te repareer en vir sy werkers 'n 'n huisie op te sit.



Ek help vir Burt met die huisies. Die een het ons in Khutsong opgesit.

Kuier by tannie Wiesa

As 'n mens by tannie Wiesa op 'n Sondag gaan eet is dit baie lekker.

Maar daar is eers ogies toe gemaak voor ons kon eet.


Ek het lekker my ouma se kos geeet en nou gaan ek eers 'n uiltjie knip.