Friday, February 29, 2008

Verjaarsdae in die Maand

Baie geluk Vaudette wat die 20ste verjaar het en Picker en Boeta wat die 26ste verjaar het. Baie geluk julle. Hoop die jaar is vol vreugde en geluk.





Thursday, February 28, 2008

Fondsinsameling Projek

Kyk watse gogga het ons gebyt. Christie se dogter, Chantel is gekies om vir die Noordwes Koor te sing. Hulle soek fondse vir haar om Junie vakansie Namibia toe te kan gaan.


Die vleis is kleiner gesny en word gemeng met die speserye.


Ons het net een mengsel gemaak. Ons wil eers kyk of dit betalend gaan wees.

Daar is natuurlik geproe hoe smaak die wors.

Wednesday, February 27, 2008

Kyk hoe groot word LJ

Ons vettie boem boem, John en Corné se seuntjie.

Friday, February 8, 2008

Lente

HIERDIE FOTO IS GENEEM IN DIE BEGIN VAN DIE LENTE LAAS JAAR.
EK SPEEL N BIETJIE MET DIE FOTO'S .

OTTER

Clyle het 'n mooi visdam vol visse by sy huis. Die visse het begin weg raak. Hy het toe 'n hok gebou en dit by die visdam gesit.
Na die lang wag het hy toe 'n otter in die hok gevang.

Monday, February 4, 2008

Reën

DIT WAS BAIE WARM LAAS WEEK HIER . SATERDAG MIDDAG 5 UUR HET ONS N BUI REEN SIEN AANKOM TUSSEN DIE HUIS EN FRANSKOP. IS EK NIE PROFESIONELE FOTOGRAAF NIE.

Nog een wat vir my ouma sê

Ek is almal se ouma. Hier is Clyle en Ryan. Alles is vandag net "shap".



Ryan is my naam en ek skree vir die Blou Bulle.