Saturday, November 29, 2008

NUUS, VERLANGE, KUIER

VRYDAG AAND EN ONS EET PITZA'S

DRIE FAMILY SIZE, WAS NET NIE GENOEG NIE.

NA N WARM DAG HET PA NOG KRAG OM N GRAPPIE TE MAAK.


OU BROM BEER


NUUS VAN FOCHVILLE

HIER WORD NA WERK GRAS GESNY .

DIE SKUIFDEUR WAT ONS UITGEBREEK HET NA DIE KUIER KAMER WAT EERSDAAGS GEBOU GAAN WORD, DIE AGTER JAART VER TEEN DIE MUUR HET EK GROENTE GEPLANT.

AL DIE KRUIWAENS HET BLOMMETJIES IN.



LAAS SATERDAG WAS DIE DORINGBOME PRAGTIG HIER IN DIE VELD OORKANT DIE PAD. OUPA HET ALTYD GESE AS DIE DORINGBOME GAAN BLOM GAAN ONS BAIE REEN KRY.




SKOONMAAK

EK IS MOS ALTYD BESIG OM SKOON TE MAAK, MAAR DIE DAG HET EK GESE ,,EK KAN DIT NIE GLO NIE'' DIE SKAAL HET EK BY OUMA GIRLY GEKRY HULLE HET ALTYD TAMATIES GEWEEG MET HOM IN DIE JARE 1970. DIE SKAAL HET ALTYD IN DIE BUITE KAMER OF IN DIE SPENS OP DIE PLAAS. EK VAT DIE DAG DIE SKAAL EN DAAR VAL SULKE BRUIN GOED TOE UIT EK KYK TOE AGTER DIE SKAAL EN DAAR IS N SKROEFIE OM LOS TE DRAAI EN DIE COVER KOM TOE LOS EN EK SIEN DIT MOS . N MUIS SE GERAAMTE EN MUIS SE KOS WAT HY DAAR IN GEDRA HET.

DAAR HET N HALWE SAK GOED UITGEKOM VAN SONNEBLOMPITTE, TOT PASTA STUKKE WAT N MENS IN OLIE GOOI DAN WORD DIT MOS CHIPS.






DIE SKAALTJIE IS NOU WEER SKOON EN OP SY PLEK HY KAN NIE MEER WEEG NIE ALLES IS GEROES.



Friday, November 21, 2008

NOG KOEKIES

EK MOET NET SPOG DAT EK OOK KAN KOEKIES BAK, HIER IS N SKOTTEL ,,SAAK NA TEER.

N PAN VOL HAWERMOUT KOEKIES
EK HET N RESEP GESOEK EN TOE KOM EK OP DIE EEN,, KOEKIES VIR HONGERIGE KINDERS.



Wednesday, November 19, 2008

KOEKIES BAK

MOEG GEWERK EN ONS KYK BINNELANDERS DIE NUUTSTE SEPIE OP KYKNET.
ONS LEWE NOG MAAR VOL RUMATIEK BAIE BANG NOU VIR WEERLIG.


HALLO JULLE BAIE LIEFDEVOL PRAAT BAIE EN BAIE KEER BENEUK.

OP N SATERDAG IS HIER BAIE GEWERK VAN GRAS SNY , SPREILIGTE IN GESIT TOT DIE BLOMBOX IS GEBOU.



MOEG GEWERK EN EK GAAN NOU SLAAP.


OOM JANNIE EN TANNIE ISABEL DE VILLIERS KUIER GEREELD BY ONS.



HIER HET ONS GAAN UITEET BY FRANCOIS,S RESTAURANT, HULLE HET BAIE VERANDER, ONS HET SO N BIETJIE HEIMWEE TOE ONS DAAR WAS.


GROOT WERK VIR TWEE OU VROUENS, MAAR ONS HET DIT RUSTIG GEVAT, EN 6 VERSKILLENDE SOORTE AAN GEMAAK OA ,,SMAAK NA TEER,, WAT WEER N WENNER WAS.




Tuesday, November 18, 2008

TANNIE HELEN SE HUISIE

TANNIE HELEN IS N WARE VRIENDIN SY KOM ELKE AAND BINNELANDERS EN VILLA ROSA KYK.



SY HET NOU NET 1 SLAAPKAMER.

SY HET N BAIE KLEIN BAD MAAR SY GENEIT DIT.



ALLES HET VAN DIE PLAAS AFGEKOM



KYK HOE MOOI IS HAAR DELF VERSAMELING




Friday, November 14, 2008

HUIS IN DHALIA STRAAT

TANNIE HELEN SE WOONSTEL, NA N LEKKER BUI REEN HET ONS BUITE GESIT.
PAPPIE IS BAIE TROTS OP SY TUIN.



DIE TROTS VAN PAPPIE ,N HUIS OF SAL EK SE PALEIS IS BESIG OM ALLES TE DOEN.
VIR HOM KEN JULLE HY WERK NOU VIR HOM SELF. LAG NOG AL DIE PAD.



DIE REEN KEER HULLE OM KLAAR TE BOU DIT IS NOU DIE SKERMMURE.





3DE STRAAT FOCHVILLE

ONS MOET IETS SAAM BRING VAN DIE PLAAS AF, ROLEGTANDE VIR N VERSIERING VIR DIE MURE.
HIER VOOR DIE HUIS GAAN EK NATUURLIK N BLOMBOX KRY WEET NIE WANNEER DIT GEBOU GAAN GEBEUR NIE SEKER TUSSEN KERSFEES EN NUWEJAAR.

JULLE KAS HET TOE N PLEKKIE GEKRY IN DIE DS. SE SITKAMER BAIE VAN DIE MEUBELS GAAN NA DIE KUIER KAMER WAT ONS OOK GAAN AANBOU WAAR DAAR N BRAAI DIE KOOLSTOOF EN LEKKER STOELE.



MY KOMBUIS WAT EK BAIE GENIET BIETJIE KLEINER AS MY KOMBUIS OP DIE PLAAS MAAR BAIE GERIEFLIK.


EK HET TOT N SKOTTELGOEDWASSER GEKRY WAT EK BAIE GENIET EN WAARDEER DAT HY MY GLASE OOK SO MOOI SKOON MAAK SOOS JULLE SIN.




HIERDIE VERTREK KUIER ONS ELKE AAND ELKEEN SIT OP SY EIESTOEL EN TANNIE HELEN IN DIE MIDDEL. OP DIE OOMBLIK SIT JACO TEEN DIE VENSTER.






DIE KAS HET SY MUUR GEKRY , ALMAL MAL OOR HOM , JULLE KAN HOM KRY AS EK EENDAG DOOD IS.



























Thursday, November 13, 2008

SONDAGAAND OP OUMA SE BED




SONDAGAAND SE KUIER OP OUMA SE BED IS ALTE LEKKER, OUPA SLAAP AMPER EN DIE ANDER TWEE VERTEL STORIES, JACO SPEEL OP DIE REKENAAR, EN OUMA NEEMDIE FOTO,S.

Tuesday, November 11, 2008