Thursday, April 10, 2008

Inligting oor die ongeluk

Droogte het vir ons vertel dat die vragmotor wat in die ongeluk was het 'n rekenaar in gehad, wat wys waar en hoe hy gery het. Die rekenaar sê dat hy vir 500 meter aan die verkeerde kant van die pad gery het en net na die bultjie die motor getref het. Die motor het baie sleg gelyk en het heeltemal uit gebrand.

Wednesday, April 9, 2008

Die Myn

Die myn het vanmiddag die sakke balle kom haal. Kyk net hoe swaar lyk dit.



MAAK NOG SKOON




Dit lyk nou baie beter hier. Ek hoop ons kan dit so hou.

Die ongeluk

Verlede Vrydag het Burt my gestuur om materiaal weg te vat na oom Jannie se huis toe. Ons was besig om die mat te laai toe ons hoor hoe die brandweer verby Bult It jaag. Ek het toe gery en net daar by oom Boet Sand is die brandweer besig om 'n motor dood te spuit wat aan die brand is. Die motor het onder 'n vragmotor in gery. Die vragmotor het Iron balle vervoer vir die myn, hy het weg geswaaien het teen 'n Eskom paal vasgery. Droogte het ons gevra of ons die sakke balle hier in die jaart kan hou.

Monday, April 7, 2008

OUNOOI

OUNOOI LE NET WAAR SY LE LUISTER NIE MEER VIR MY NIE EN ONS SUKKEL OOK OM HAAR IN DIE AANDE UIT DIE HUIS TE KRY.


ONS NEEM AFSKEID

BURT SE VIR MY LAAS NAWEEK EK MOET DIE BOOM AFNEEM, EK VERGEET TOE OM DIT TE DOEN. SATERDAG TOE EK BUITE RONDLOOP TOE SIEN EK DAAR IS NOU BAIE MIN BLARE OOR , ONS SE ALTYD AS DIE BOOM SE BLARE GEEL WORD NET 3 MAANDE DAN IS DIT WINTER.




BY DIE WERK

ONS IS BAIE BESIG.





PAPPIE HET MET OOM FRANS GEREEL OM SY MASJIENE TE STUUR OM TE HELP, DAAR IS NIE NET EEN VRAG UIT GELAAI NIE MAAR BAIE BAIE.


BURT HET VRYDAG BESLUIT OM DIE JAART SKOON TE MAAK.