Thursday, July 31, 2008

NUWE HUIS

DIE INGENEUR HET AANBEVEEL HIER MOET STAAL IN DIE FONDASIE KOM.



AS N BOUER MET N INGENEUR WERK DAN IS DIT NIE NODIG DAN OM MET DIE PLAASLIKE BOU INSPEKTEUR TE ONDERHANDEL NIE WANT DAN WAS HIER AL N VUIS GEVEG.

BURT HET WEER N NUWE HUIS GESKRY OM TE BOU, EK WYS MAAR NET DAT ONS OOK READY MIX HET IN SA. MAAR IS BAIE DUUR HIER.







Wednesday, July 30, 2008

OOM BOSSIE SE HUIS

DIS DIE HUIS WAT BURT EERSTE VIR OOM BOSSIE GEBOU HET. SY NAAM IS OOM JHONNY 'N GROOOOOOT BLOU BUL ONDERSTEUNING, EK SAL IETS AFNEEM WAT IN SY JAART IS VAN N BLOU BUL.

BOU

WAT 'N PALEIS , VOOR EK WEG IS NZ TOE WAS DIE VERDIEPING NET KLAAR GEGOOI. DIE DAK IS OP EN HULLE PLEISTER.



'N BAIE GROOT MOTORHUIS

GEORGE WAT PLEISTER DOEN DIT BAIE MOOI.

LAKSMAN



'N KLEIN LAKSMAN BY BURT SE WERK.



KYK DIE VOELTJIE SIT NOU IN DIE BOOM.

Monday, July 28, 2008

NUUS VAN SUID AFRIKA


ONS HET N VERRASSING DONDERDAG GEKRY. DIE KLEINKINDERS HET ONS KOM VERRAS. DIE DORP WAAR HULLE KOSHUIS IS HET '' GESTAAK '' TOE KAN HULLE NIE SKOOL TOE GAAN NIE.



DIT IS WEER ''BAZAAR'' DIE EINDE VAN DIE MAAND EN DAAR MOET BAIE DINGE GEDOEN WORD. DS. HET BURT GENADER OM N VRIESKAMER TE BOU, WAAR DAAR 5000 PATTIES EN OOK 800 DOSYN KOEKSISTERS GEVRIES MOET WORD.



DIE KLEINKINDERS HET SATERDAG KOM GROET EN OUPA HET GEMAAK OF HY HUIL.


EK WAS SO LUI NA DIE WEEK SE WERK EN HET NET 'N BIETJIE GERUS OP DIE STOEL TERWYL OUPA RUGBY GEKYK HET.

Thursday, July 24, 2008

LEKKER LEKKERS

DIS LEKKER OM 'N OUPA EN 'N OUMA TE HE, WAT LEKKER LEKKERS KAN UITDEEL. KYK HOE VOL IS KLEIN JANNIE SE MOND GESTOP.

WAT 'N BESIGE MANNETJIE. ELMARIE OEFEN OP 'N LOOP MASJIEN IN DIE OGGENDE, TOE DRUK HY MOS SY HAND HIER ONDER BY DIE RATTE IN EN VEE AL SY VINGERS SE VELLE AF AAN DIE BINNEKANT VAN SY HANDTJIE. SY MIDDEL VINGER SE SPEIRTJIE IS BESKADIG.


MAAR HY KRUIP SOMMER IN 'N MENS SE HART IN. HY IS SO OUD SOOS RUBEN.


ANNELIZE LYK NET SOOS ELMARIE. HULLE GAAN NOU KROONSTAD TOE TREK. HULLE HET DAAR N PLAAS GEKOOP.


AS OUPA VIR HOM VRA HOEVEEL HET HY IN SY HAND DAN SE HY NET EEN.

Tuesday, July 22, 2008

LAAAAAAANG VLUG

EK WAS BAIE GELUKKIG OM DIE RIVIER AF TE NEEM. DIT KRONKEL SOOS N SLANG UIT DIE LUG UIT.

'N MENS KAN DUIDELIK SIEN HOE KRY DIE VLIEGTUIG HOOGTE, WANT DIE FOTO'S IS NET N PAAR SEKONDES UIT MEKAAR GENEEM.


VRYDAG OGGEND VROEGDAG HET DIE EERSTE VLIEGTUIG REG GESTAAN VIR ONS EERSTE VLUG SYDNEY TOE .WAS NIE BAIE VOL NIE . BAIE VAN ONS HET DIE SITPLEKKE PLATGESLAAN EN 'N BED GEMAAK.

EK HET LEKKER GESLAAP, MAAR DIE 2DE VLUG WAS VERSKRIKLIK. DIE NAVIGATOR HET NIE GEWERK NIE EN ONS HET NIE GEWEET WAAR IS ONS NIE. TOE EK DIE DAME VRA HOE VER NOG TOE SE SY 6URE NOG.

BAIE DANKBAAR OM TERUG TE WEES, IS KLAAR IN DIE WERK EN IS BESIG OM ALLES OP DATUM TE KRY. EK IS BLY EK HET GEGAAN. MET NUWE KRAG EN GEESDRIF TERUG GEKOM. DANKIE NOGMAALS VIR ALLES



NEW ZEALAND 2008

DONDERDAGOGGEND , AFSKEID NEEM WAS NOG NOOIT LEKKER VIR ENIGE IEMAND NIE.

HIERDIE MOTORFRIETS WAS NOG NOOIT SO SKOON NIE MET AL DIE MODDER EN REEN DIE AFGELOPE 2 MAANDE.

ONS HET ONS MAGIES VOLGEMAAK MET N BURGER KING EN LEKKER GEKUIER.


WANNEER GAAN EK HULLE WEER SIEN.

Monday, July 21, 2008

BAIE DANKIE

BAIE, BAIE DANKIE KINDERS VIR DIE LEKKER KUIER WAT JULLE VIR JUL MA GEGEE HET SY LYK BAIE GOED EN IS LUS VIR WERK.

EK WIL OOK BAIE DANKIE SE VIR JULLE ALMAL WAT SO GASVRY WAS TOE EK DAAR BY JULLE WAS, EK IS BLY EK IS TERUG EN LUS VIR WERK.


Wednesday, July 16, 2008

Putaruru Timber Museum


EK EN DIE KINDERS HET N TIMBER MUSEUM BESOEK.
PARTY VAN DIE MIDDELE IS NOGAL BEKEND VIR MY, VERAL DIE POMP. IN ONS JONG DAE HET MY OUERS BY DIE PETROL POMP PETROL IN GEGOOI DAN HET DIE EEN BOTTEL LEEG GELOOP EN TERSELFDERTYD DIE ANDER EEN VOL.



'N GRASSNYER.


'N LISTER WATERPOMP.



EK HET 33 JAAR TERUG OOK OP SO N SKAKELBORD GEWERK.


MET SO N TIKMASJIEN GETIK.


DIE STOOF HET BAIE HOUT VERBRAND EN HET SY DAE GEKEN.


DIE EERSTE STRYKYSTERS WAT MET KRAG EN STOOM GEWERK HET.

N WASMASJIEN.

DAAR WAS DAREM OOK 'N "JAIL".

N KLEIN CHAPEL WAT NOG IN GEBRUIK IS.



Monday, July 14, 2008

Manie en Yolandi

MANIE EN YOLANDI, VRIENDE VAN BROER KOOS HET EK GAAN GROET SONDAGAAND, ONS HET BAIE LEKKER GEKUIER EN HULLE IS BAIE GELUKKIG HIER, DIE KINDERS HET BAIE GOED AANGEPAS IN DIE SKOOL OOK.

Sunday, July 13, 2008

Rugby

ONS HET SAREDAG LEKKER RUGBY SAAM GEKYK, EN SAAM VIR DIE BOKKE GESKREE.
AL DIE KONSENSTRASIE WAS OP DIE SPEL.
JAPIE SE DRIE KINDERS.

Thursday, July 10, 2008

SO KOUD IS DIT

ELKE OGGEND IS DIT SO KOUD DAT DIE WATER WAT LANGS DIE HUIS STAAN GEVRIES IS.

N MOOI GESIG OM DIT TE SIEN.

Tuesday, July 8, 2008

PRAGTIG, ONGELOOFLIK,BAIE MOOI

WAT N MOOI GESIG NA DIE SNEEU DIE OGGEND.
N REENBOOG NA N SNEEUSTORM.
PIETER EN ANNIETJIE, HET ONS GENOOI OM ONTBYT SAAM MET HULLE TE GENIET.