Thursday, January 31, 2008

Nog 'n paar foto van Picker hulle

Hier is nog 'n paar foto's wat ek by Picker hulle geneem het.
Hier is die huis waarin Picker, Leoni en die kinders bly.
Dit is 'n baie lekker huis. Ek dink hy gaan lekker koud wees in die winter.


Ons het een van die dae 'n nuwe Springbok speler in die familie.

Ons het Saterdag aand tv gekyk. Boeta was so moeg na die rugby wedstryd. Picker het toe vir hom gesê hy sal hom bed toe dra. Dit was nie eers 5 sekondes nie, toe slaap hy.

Die twee het natuurlik by ouma in die kamer geslaap. Die volgende oggend het ons ontdek, dat al die plaas se diere by hulle gaan inkuip het.

Voor ons Sondag gery het, was daar gou tyd om 'n gesins foto te neem.

Wednesday, January 30, 2008

Kuier by Picker hulle op die plaas

Hulle mielies is baie mooi. Alles word afgesny vir kuilvoer. Kyk net, Boeta is 'n regte Boertjie.


Van die beeste wat Picker voer.

Ek het geelperskes saam gevat vir die kinders. Hulle het dit baie geniet.

Tuesday, January 29, 2008

ONS GAAN KUIER WEER.

DIE KLEINKINDERS HET NIE GEWEET ONS KOM NIE
KYK NET HOE BLY IS BOETA HIER OM SY OUPA TE SIEN.

Thursday, January 24, 2008

ONS ANDER KLEINKINDERS

ONS ANDER KLEINKINDERS HET SONDAG OOK KOM KUIER. HULLE HET LEKKER GESPEEL EN OUPA HET NET SWEETS AANGEGEE OM SY VERTROUE TE WEN.

OUPA BURT


WAT KAN N MENS NOU DOEN OP N SATERDAG MIDDAG EN DIT REEN LEKKER BUITE.

Wednesday, January 23, 2008

LJ se doop

Ons was Sondag by klein LJ se doop. Hy is hier in Fochville uit ons kerk uit gedoop.
In die foto is John, Corne en LJ


Hier is die trotse pa.

Die tafels was so mooi versier met die geel en blou. Die blomstander was in die vorm van 'n geel skoentjie.

By elke bord was daar die twee pragtige skoentjies. Ons het baie lekker gekuier en geëet.

Oom Christie se Kabeljou

Oom Christie het ons uitgenooi om Kabeljou te kom eet. Hy het dit vir ons heerlik op die kole gebraai.




Kyk net hoe heerlik lyk dit. Word julle nie ook lus om 'n stukkie te proe nie.