Thursday, January 31, 2008

Nog 'n paar foto van Picker hulle

Hier is nog 'n paar foto's wat ek by Picker hulle geneem het.
Hier is die huis waarin Picker, Leoni en die kinders bly.
Dit is 'n baie lekker huis. Ek dink hy gaan lekker koud wees in die winter.


Ons het een van die dae 'n nuwe Springbok speler in die familie.

Ons het Saterdag aand tv gekyk. Boeta was so moeg na die rugby wedstryd. Picker het toe vir hom gesê hy sal hom bed toe dra. Dit was nie eers 5 sekondes nie, toe slaap hy.

Die twee het natuurlik by ouma in die kamer geslaap. Die volgende oggend het ons ontdek, dat al die plaas se diere by hulle gaan inkuip het.

Voor ons Sondag gery het, was daar gou tyd om 'n gesins foto te neem.

No comments: