Wednesday, January 2, 2008

Kuier in New Zealand

Ons was van die 28ste Nov tot die begin van Jan. by ons kinders in New Zealand.
Ons het die voorreg gehad om na Kersfees 'n bietjie te gaan toer na die Suid Eiland van New Zealand. Al verbintenis wat die twee Eilande met mekaar het is per boot of vliegtuig.
Ons het die vaart mee gemaak op die Interislander vanaf
Wellington na Picton in die Suide.

Daar word tot aflewerings voertuie en motor in die boeg van die cruiser gelaai.
Die vaart neem omgeveer so 3 ure lank.


Voor dat ons by die hawe aan gekom het, net gou 'n foto saam met die kinders.



Ons het lekker geslaap en die volgende oggend in 'n Café in Picton gaan ontbyt eet. Hier het ons 'n groete planter gesien wat ek ook het op die plaas.



Ons het verder suid getoer en by die dorpie Nelson hierdie klip in die see gesien. Hulle beweer die boom op die klip het vanself 6 maande terug self begin groei. Al wat op die klip is, is voël lewe en robbe.


Die kinders het ons bederf met 'n helikopter rit oor die dorpie Nelson.


Ons het na die vlieg rit die katedraal in die midde dorp gaan besoek.


Ons het by 'n restourant die aand gaan eet. Die atmosfeer van die plek was soos 'n seerower boot omskep wat boek dele vertel.



Ons is die volgende oggend met die 1925 Dodge deur die dorp van Nelson.

Die landbou van die Suid Eiland is meestal druiwe en cherries.



Op pad terug huis toe het ons verby Mt. Ruapehu gery.




No comments: